AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
8700
94,00
CORN
27 Mrt
-
4490
60,00
SOYA
27 Mrt
-
8148
11,00
SUNS
27 Mrt
-
8645
15,00
WEAT
27 Mrt
-
6560
148,00
WMAZ
27 Mrt
-
4035
69,00
YMAZ
27 Mrt
-
4088
36,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Swaar reën weer volgende week moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Sojaboon-landery onder water na swaar reën vroeër die seisoen in Noordwes uitgesak het. Foto: Willem Swart
'n Sojaboon-landery onder water na swaar reën vroeër die seisoen in Noordwes uitgesak het. Foto: Willem Swart
Redelike swaar neerslae kan van 24 April af oor die grootste deel van die somerreënstreek voorkom.

Minder reën word van vandag tot Saterdag oor die somerreënstreek verwag, maar neerslae van 30 mm en meer kan in die laaste week van die maand voorkom. Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê dié neerslae kan selfs oor die westelike en suidelike binneland voorkom.

“In ’n soortgelyke seisoen in 2011 het daar in die eerste week van Junie nog swaar reën voorgekom as gevolg van ’n afsnylaagdruk oor die noordwestelike en sentrale binneland. Dit het oorstromings oor die westelike dele van die Vrystaat veroorsaak.”

Die La Niña-stelsel bly voortduur en weermodelle dui nie ’n verswakking in die volgende twee maande aan nie. Van den Berg sê die sterk afsnylaagdrukstelsels wat oor KwaZulu-Natal ontwikkel het, is ’n aanduiding dat die stelsel nog baie sterk is. Die effek van La Niña is ook in Australië sigbaar, waar die Suidooskus en Sydney in die eerste week van April geraak is deur oorstromings. Dit beteken dat die kans op reën volgens langtermynvoorspellings steeds goed is tot ten minste einde Mei.”

Koue, nat weer

Van den Berg maan veral kleinveeboere dat saam met die reën van die laaste week van April word koue toestande oor die somer- en winterreënstreke verwag. Skerp dalings in temperature word rondom 23 April oor die sentrale en suidelike dele van Suid-Afrika verwag met ’n koue front wat die land uit die suidweste gaan tref. Baie koue en nat toestande gaan voorkom oor die Suid- en Suidoos-Vrystaat, suidoostelike dele van die Noord-Kaap, die grootste deel van die Oos-Kaap en dele van die Wes-Kaap.

Daar is ook ’n moontlikheid van swaarder reën oor veral die Oos-Kaap volgende week, wat ’n groot gevaar vir dié provinsie se kleinveeboere kan inhou. “Met die huidige neiging van baie swaar reën oor kleiner gebiede is dit moontlik dat veral gedeeltes van die Oos-Kaap rondom 23 en 24 April swaarder reën kan kry.”

Wat die winterreëngebied betref, word reën rondom 22 en 23 April verwag, met die koue front wat skerp dalings in temperature kan veroorsaak van 23 April af. Minimum temperature wat naby vriespunt kan draai, word veral die Suidwes-Kaap se hooggeleë gebiede verwag. Verdere reën is ook moontlik oor veral die Suid-Kaap teen einde April en die eerste week van Mei.

Swaar sneeu dié winter?

Wat sneeuval in die komende winter betref, sê Van den Berg dit is interessant dat in soortgelyke jare as vanjaar wat die La Niña-stelsel betref, daar redelike swaar sneeuval en stormagtige weer in die Wes-Kaap voorgekom het.”

In 1988 het daar op 5 Mei swaar reën en oorstromings in KwaZulu-Natal se Suidkus-gebiede voorgekom. Daarna het swaar sneeu in Mei, Junie en Julie oor die suidelike dele van die land voorgekom. Op 8 Junie 1988 het sneeu tot 1,5 m dik gelê in die Swartbergpas. Op 20 Julie 1988 het baie swaar reën oor die Kaapse metropool voorgekom.

’n Soortgelyke reeks van gebeure het in 1989 voorgekom met oorstromings in KwaZulu-Natal rondom 14 en 15 April, swaar sneeu tot selfs in die Noord-Kaap op 16 tot 18 Julie, windstorms oor die Suidwes- en Suid-Kaap op 30 Julie en baie swaar sneeu op 4 en 5 September in die Koue Bokkeveld. Soortgelyke voorvalle het ook voorgekom tydens die reeks La Niña-verskynsels van 1973 tot 1976.

“As die geskiedenis homself gaan herhaal, kan uitermatige weerstoestande dus in die komende maande verwag word met reën tot einde Mei in die somerreëngebied, swaar sneeu van einde Mei tot Augustus oor die suidelike dele van die land en baie stormagtige toestande in die winterreëngebied.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.31
-0.8%
Rand - Pond
22.50
-1.2%
Rand - Euro
19.78
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
973.10
+0.5%
Palladium
1,418.30
+1.2%
Goud
1,957.34
-1.1%
Silwer
23.08
-0.7%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot