AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Swaarder reën weer einde November moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boere in die distrik Delareyville in Noordwes het van 7 tot 12 November tussen 70 - 130 mm rëen gehad. Foto: Suzanne Venter
Boere in die distrik Delareyville in Noordwes het van 7 tot 12 November tussen 70 - 130 mm rëen gehad. Foto: Suzanne Venter
Sonskyn en enkele reënbuie van tot sowat 20 mm word tot 20 November oor die sentrale en oostelike dele van Suid-Afrika voorspel.

Watervlakke in die Benede-Oranjerivier kan na verwagting teen die naweek of volgende week begin styg ná die goeie reënneerslae sedert verlede week oor groot dele van Suid-Afrika. Agt van die Vaaldam se sluise is oor die naweek oopgemaak nadat dié dam reeds meer as 100% vol was. Mense wat langs die Vaalrivier bly onder die dam, is reeds plek-plek besig om hul huise te ontruim weens die stygende rivier.

“Die hoeveelheid en omvang van die reën in die eerste twee weke van November is waarskynlik groter as wat tans besef word. Groot hoeveelhede water is nog op pad in die kleiner riviere en bolope wat eers oor ’n hele paar dae ’n gesamentlike effek kan uitoefen wanneer dit in die Vaal- en Oranjerivier gaan begin invloei,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

“Watervlakke gaan aansienlik styg, maar dit is moeilik om te bepaal met presies hoeveel. Daar is wel ’n groot risiko dat vloedwater teen die naweek of selfs later eers ’n hoogtepunt gaan bereik in die gebiede onder die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier.”

Verdere swaar reën?

Van den Berg sê korttermynvoorspellings dui op ’n effense breek in swaarder reënneerslae, maar enkele tot verspreide buie van sowat 20 mm is steeds moontlik oor die sentrale tot oostelike dele van Suid-Afrika tot ongeveer 20 November. “In die laaste tien dae van November en eerste week van Desember kan swaarder reën weer verwag word oor veral die Oos-Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, die oostelike dele van Limpopo en Noordwes, asook groot dele van KwaZulu-Natal.

“Met die La Niña-stelsel wat steeds teenwoordig is, dui langertermynvoorspellings aan dat ’n goeie kans steeds bestaan op bogemiddelde reën in veral Desember en die eerste deel van Januarie.”

Uitermatig baie reën?

Van den Berg sê die neerslae wat tot dusver in November voorgekom het, vergelyk goed met die neerslae wat verlede November aangeteken is. Bothaville het vanaf 1 November 2022 ongeveer 66 mm gemeet teenoor 122 mm in 2021; Fouriesburg 263 mm in 2022 teenoor 164 mm in 2021; Marquard 222 mm teenoor 225 mm in 2021; Coligny 62 mm teenoor 158 mm in 2021 en Standerton 189 mm teenoor 217 mm in 2021.

In die opvanggebied van die Oranjerivier het swaar reën voorgekom met Wepener in die Suid-Vrystaat wat in die eerste tien dae van November reeds 130 mm gehad het. Redelike swaar reën het in Lesotho voorgekom wat ’n vinnige styging in die vlak van die Gariepdam veroorsaak het.

“Wat die situasie in November 2022 verskillend maak van 2021, is dat die baie reën wat voor die winter voorgekom het, die grond nog met baie water gelos het en die meeste groot en kleiner damme was nog vol ná die swaar reën tot Junie vanjaar. Dit was net die boonste 20 cm tot 30 cm van die grond wat droog was. Relatief klein hoeveelhede van 20 mm tot 40 mm reën was dus reeds genoeg om die gronde te versadig,” sê Van den Berg.

Die reën wat sedert begin November oor groot dele van Suid-Afrika voorgekom het, het reeds afgeloop. “Daar is groot hoeveelhede water wat nog dreineer vanaf natuurlike weidings en landerye na laaggeleë gebiede, spruite en riviere voordat dit in die groter afloopstelsels soos die Vaal- en Oranjerivier gaan begin invloei.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.68
-2.7%
Rand - Pond
21.66
-4.3%
Rand - Euro
18.54
-3.4%
Rand - Aus dollar
12.01
-2.7%
Rand - Jen
0.13
-4.0%
Goud
1,798.10
+1.7%
Silwer
22.46
+1.2%
Palladium
1,890.79
+0.2%
Platinum
1,044.60
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Avontuur saam, leef voluit saam.
Ons leef en laat leef, goedhartigheid, respek vol, doel gerig, hardwerkend, verantwoordelik, eerlik en opreg by my maaitjie, om alles te gee. Geniet natuur, asook kuns feeste...
"Kan jy eerlik wees?"
Ek is n opregte liefdevolle eerlike mens. Uiterlike is nie vir my belangrik nie maar of ons n konneksie het. Ek bly lojaal teenoor my naasbestaandes. Ek is passievol, maar NIE n...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot