AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9988,8
-9,20
CORN
22 Mrt
-
4460
-5,00
SOYA
22 Mrt
-
8455
-57,00
SUNS
22 Mrt
-
9370
-385,00
WEAT
22 Mrt
-
6510
-82,00
WMAZ
22 Mrt
-
3885
-65,00
YMAZ
22 Mrt
-
4097
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

KYK! Tankwa-vloede vir sommige boere erger as ’81 se vloed

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Pad is onder water in die Tankwa-Karoo. Foto: Dieter Pey
'n Pad is onder water in die Tankwa-Karoo. Foto: Dieter Pey
Dit het eindelik opgehou reën in die Tankwa-Karoo, maar nou lek sy haar wonde . . .

Boere in dié streek kon die afgelope naweek vir die eerste keer ná etlike dae van swaar reënbuie op hul plase begin rondbeweeg en die omvang van die swaar reëns en vloede rondom hulle sien. 

Die meeste het hul hele oeste verloor toe riviere landerye verspoel het, terwyl ander derduisende rande se skade aan infrastruktuur aangeteken het. 

Die skade in die Tankwa is onbeskryflik, sê mnr. Andre Vermeulen, eienaar van die Sadwana-wildreservaat en ’n skaapboer.

“Jy moet dit sien om te kan glo. My vye-oes lê ’n halfmeter onder die grond, ons akkomodasiebedryf is onder modder, die paaie het weggespoel, klowe het gespoel so groot soos huise en soveel damwalle het gebreek. In ons leeftyd het so iets nog nooit gebeur nie. Nie eens met die Laingsburg-vloed in 1981 toe ons van daardie water ook gekry het nie . . .”

Swaar buie reën het vroeg in Desember oor die Tankwa-Karoo, wat ’n winterreëngebied is, voorgekom.

Van die boere moes hul plase ontruim, diere moes inderhaas na veiligheid geneem word en motors moes uit riviere getrek word nadat plaasdamme se walle gebreek het. 

Dit lyk of die ergste reën verby is, vertel mnr. Leon Theunissen van die Ceres-Tankwa-Karoo-landbouvereniging. Dis nou egter tyd vir opruim en om paaie weer begaanbaar te maak. 

Theunissen, wat met skaap, lusern en uie boer, sê sy lusernaanplantings het groot skade gely. Van sy skape is nog soek.

“Dit wat die Karoo tydens die vloed verloor het, kan boere nie vervang nie," sê Vermeulen.

"Ons rivier wat altyd 15 m breed was, is nou seker 60 m breed. Daar is ’n kloof in die aarde wat ’n groot ekologiese impak gaan hê. En die oewers, wat natuurlike weiding vir ons vee was, is nou heeltemal weg.”  

Ná die storm

Weldoeners het onder meer brandstof aan die boere in die omgewing geskenk en strootskrapers verskaf om paaie te herstel of skoon te maak. 

Tankwa-Karoo
'n Pan vol water staan in die Tankwa-Karoo. Foto: Dieter Pey
tankwa-karoo
'n Voertuig sit vas in die modder in die Tankwa-Karoo. Foto: Dieter Pey
Tankwa-Karoo
Voertuie sit vas in die modder in die Tankwa-Karoo. Foto: Dieter Pey
Tankwa-Karoo
Riviere en spruite aan't vloei in die Tankwa-Karoo. Foto: Dieter Pey
Tankwa-Karoo
'n Pad is met modder toegespoel in die Tankwa-Karoo. Foto: Dieter Pey

Vermeulen sê hulle is elke dag besig om grondpaaie reg te maak om ook by boere, wat dae vasgevang was in hul huise, uit te kom. 

Hoewel skenkings instroom om inwoners te help om alles te herbou, is dit ongelukkig nog te min om vorentoe te kan uitsien, sê Theunissen.

“Die skade wat ek gekry het, is ver verby die R100 000,” vertel me. Carole Pretorius, wat met skaap en vye in die omgewing boer. 

Sy het haar hele vye-oes en ook skape in die reën verloor.

“Dit is baie, baie hartseer om te sien. Ek het kilometers se heinings verloor soos die riviere daardeur gevloei het. Die paaie by my is weg, my geboue se dakke het afgewaai, bome is ontwortel en my bakkie het op sy sy gelê,” sê sy.

Vermeulen sê die vloedskade volg op die erge droogte wat die boere die afgelope agt jaar moes verduur. 

“Dit is heeltemal te veel om net te aanvaar, soms weet jy nie hoe jy gaan opstaan nie.

"Maar ons help mekaar . . . ons byt vas.”  

Tankwa-Karoo
Boere in die Tankwa-Karoo werk dag en nag om die paaie in die omgewing weer toeganklik te maak. Foto: Verskaf

So help jy die Tankwa

Enige skenkings kan aan die volgende rekening betaal word:

ABSA Bank 

Ceres Tankwa Landbouvereniging 

Rek.nr: 4100 25 27 25 

Gebruik asseblief die volgende verwysing om ’n donasie (D) aan te dui: D+Jou voorletter en van.

 Indien jy eerder geld aan ’n betrokke instelling in die gemeenskap wil oorbetaal, kontak hulle direk vir hul bankbesonderhede.

Of bel Theunissen, ondervoorsitter van die landbouvereniging, by 083 225 6386. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.54
-0.0%
Rand - Pond
22.77
-0.5%
Rand - Euro
19.98
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
978.14
+0.6%
Palladium
1,391.36
-1.1%
Goud
1,942.92
+0.1%
Silwer
22.48
+0.3%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,509
+1.0%
Alle aandele
74,980
+1.0%
Hulpbronne 10
65,265
-0.6%
Industriële 25
101,248
+1.4%
Finansiële 15
15,359
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot