AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Toestande vir winterreën in Augustus verbeter

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Bianca Erasmus
Foto: Bianca Erasmus
Die kans op reën oor dele van die wintergraanstreek het verbeter tot einde Augustus.

Die reën wat sedert 12 Augustus oor dele van die winterreënvalgebied begin uitsak het, het gevolg op ’n baie droë tydperk van byna ses weke vanaf die laaste week van Junie. Reënval was ver ondergemiddeld in Julie en die eerste 10 dae van Augustus. Die droë tydperk het groot kommer begin veroorsaak oor die toestand van wintergrane wat nou ’n reproduktiewe stadium bereik waartydens baie water verbruik word.

“Droogte in Augustus, maar veral September, kan katastrofiese skade aan die wintergraanoes veroorsaak,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Tot 15 Augustus het die grootste deel van die Swartland en omliggende gebiede rondom 15 mm tot 25 mm gehad. Dit was die meeste reën sedert omtrent middel Junie en ook die tweede meeste reën binne ’n paar dae vir bykans die hele seisoen vanaf planttyd. “Die tydsberekening van die reën was goed, voordat grootskaalse skade aan wintergrane voorgekom het. Met opvolgreën in die volgende ses weke kan gemiddelde tot selfs bogemiddelde opbrengste nog realiseer,” aldus Van den Berg.

Reënverwagtinge

Oor die algemeen het die toestande vir reën verbeter vir ten minste die volgende maand met koue fronte wat meer gereeld verwag word. Hoewel daar nie swaar neerslae verwag word nie, kan gereelde ligte neerslae van 5 mm tot 10 mm baie help om droogteskade te voorkom, veral gegewe die ongeveer 20 mm wat in die afgelope paar dae voorgekom het.

Dit lyk asof daar weer ongeveer 20 mm verwag kan word van 17 tot 19 Augustus oor veral die Swartland. Ligter neerslae word oor die Rûens en Suid-Kaap verwag.

Van 24 tot 28 Augustus kan ligte neerslae van 1 mm tot 8 mm voorkom, met neerslae van tot meer as 20 mm oor die laaste vier dae van Augustus.

“Verdere reën is ook moontlik in veral die eerste twee weke van September met meer as 20 mm wat verwag kan word van 1 tot 14 September. Dus is die kanse goed om tot middel September meer as 40 mm reën te kry oor die grootste deel van die winterreëngebied, met die uitsondering van die noordwestelike dele van die Wes-Kaap soos Clanwilliam, waar minder reën verwag word,” verduidelik Van den Berg. “Swaarder neerslae wat afloop kan veroorsaak, is nou nodig om die Clanwilliamdam aan te vul wat maar ongeveer 56% vol is.”

“Toestande om ten minste ’n gemiddelde wintergraanoes te kry, lyk baie beter as ’n week of drie gelede. Hoewel reënvalhoeveelhede ondergemiddeld kan wees, is daar ten minste tien tot twaalf dae waar reën en bewolkte toestande verwag kan word tot middel September,” aldus Van den Berg.

“Die gevaar word egter ook groter om meer reënval te kry gedurende oestyd vanaf die laaste deel van Oktober, maar veral November, met grane wat vanjaar ietwat stadiger groei as gevolg van koue en bewolkte toestande en dus later geoes gaan word.”

Veeboere gewaarsku

Met ’n volgende koue front wat later die week weer gaan voorkom kan minimum temperature tussen 18 en 20 Augustus weer naby of onder vriespunt daal. “Dit is veral die noordelike hoërgeleë dele van die Oos-Kaap soos Barkly-Oos, Elliot en ander distrikte waar temperature ver onder vriespunt gaan daal. Daar is ook ’n kans vir ligte reën en sneeu oor gedeeltes van die Oos-Kaap sowel as die Wes-Kaap se berge rondom Ceres in dié periode.”

Van den Berg sê daar is dus ’n groot gevaar vir veeboere, en veral kleinveeboere, in die Oos-Kaap asook aangrensende dele van die Suid-Vrystaat, Noord-Kaap en suidelike dele van KwaZulu-Natal en boere moet toesien dat hulle diere goed beskut is.   

Reënval oor die res van die land

Reën het sedert verlede week ook kol-kol oor van die droë dele van die Oos-Kaap voorgekom, met Gqeberha wat oor die naweek 20 mm gehad het en in totaal al meer as 100 mm in die afgelope paar weke. Die reën het egter baie min verskil aan die damvlakke gemaak omdat die reën nie noodwendig in die opvanggebiede geval het nie. Baie van die reën was redelike sag met min afloop.

Verdere ligte reën kan van ongeveer 20 Augustus af weer oor die dele voorkom. Sowat 20 mm reën is moontlik oor die laaste 10 dae van Augustus, maar versprei oor vier of vyf dae. Verdere ligte reën is ook in September moontlik. Met die oorgang van winter- na somerreënval kan toestande vir verdere reën in die lente oor die kusgebiede van die Oos-Kaap verbeter, maar of dit voldoende reën tot gevolg gaan hê om damvlakke aan te vul, is baie onseker. “Baie swaar reën en byna vloedtoestande moet voorkom voordat aanvulling van groter damme eers voldoende gaan plaasvind,” verduidelik Van den Berg.

Wat die res van die somerreëngebied betref, word min tot geen reën op kort termyn voorspel. Van middel van September af kan die Ooskusgebiede begin om reën en baie stormagtige toestande te verwag wat kan uitbrei na die Noordkus en aangrensende binneland in Oktober. “Die eerste werklike somerreën word verwag vanaf ongeveer 20 Oktober,” sê Van den Berg.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.1%
Rand - Euro
18.42
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,798.42
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,898.90
-2.4%
Platinum
1,021.00
-2.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot