AFGRI
BEAN
06 Des
-
9430,4
88,40
CORN
06 Des
-
4425
6,00
SOYA
06 Des
-
10500
-20,00
SUNS
06 Des
-
10500
-146,00
WEAT
06 Des
-
6655
-18,00
WMAZ
06 Des
-
4861
-23,00
YMAZ
06 Des
-
4420
-9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Tot 100 mm reën kan in komende weke val

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Storm trek nader in die distrik Edenville in die tweede week van November 2022. Foto: Pierre van Eeden
'n Storm trek nader in die distrik Edenville in die tweede week van November 2022. Foto: Pierre van Eeden
Die gevaar vir vloede in die somerreënstreke is groot in die volgende twee tot drie weke met tot 100 mm reën wat tydens dié tydperk oor dele van Suid-Afrika moontlik is.

Weermodelle dui tans aan dat 50 mm tot 100 mm se reën die volgende twee weke oor die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die oostelike dele van Noordwes kan voorkom.

“Dié neerslae sal hoofsaaklik in die opvanggebied van die Vaaldam, maar ook tot ’n mindere mate in die opvanggebied van die Gariepdam voorkom. Hierdie reën gaan omtrent alles as afloopwater beskikbaar wees. Dit kan grootskaalse vloede veroorsaak met die huidige stand van riviere en damme,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Dit is veral die Vaalrivierstelsel en die Oranjerivier ná die samevloeiing by Douglas wat ’n groot risiko vir vloede het.”

Kort tot mediumtermynvoorspellings dui ook op verdere reën in die tweede en derde week van Desember oor die oostelike helfte van Suid-Afrika wat veral die Vaalrivier se opvanggebied insluit. “Daar is dus ’n baie groot vloedrisiko wat nog voorlê in die komende maand.”

Van den Berg sê die huidige La Niña-stelsel, wat die derde een is wat agtereenvolgens tydens ’n somerseisoen voorkom, begin verswak, wat moontlik teen einde Desember droër toestande tot gevolg kan hê.

‘Planters dryf’

Boere in die sentrale dele van die Vrystaat met wie Landbou.com gister (Maandag) gepraat het, sê hoewel hulle vir sowat vyf dae oor dele sonskyn gehad het, is die ondergrond steeds baie nat en dit vertraag die plantproses. “Jy kan nie met ’n planter twee keer in dieselfde spoor ry nie, jy sak weg en plek-plek voel dit of jy dryf so nat is die grond,” vertel mnr. Pierre van Eeden van Edenville. “Ons plant nou dag en nag, maar jy val maklik vas. Dit gaan daarom met rukke en stote.”

“Ons kan darem op effe droër lande inkom om te plant, en ek sien almal om my probeer tans ook plant. Ons gaan hard druk om sover moontlik te plant voor die volgende reën kom,” sê mnr. DJ van der Linde van Vierfontein. “Hier by ons voel dit of die aarde onder jou voete beweeg as jy terugloop op ’n planter se spoor so nat is dit. As jy die tweede keer op daai spoor ry, val jy maklik vas.”

Hoop vir planttyd?

Die reënseisoen het einde Oktober begin en talle somergraanboere in die oostelike dele van Suid-Afrika kon nie vroeg of betyds begin plant nie. Reën wat sedertdien gereeld en plek-plek in groot hoeveelhede geval het, het die plantproses vertraag, met die optimale planttyd in Mpumalanga en die Oos-Vrystaat wat uitloop.

Van den Berg sê met verdere reën in ten minste die volgende twee tot drie weke is dit moontlik dat groot oppervlaktes nie beplant gaan word nie, óf so laat beplant gaan word dat opbrengste wesenlik laer gaan wees en insetkoste moontlik nie ten volle verhaal sal word nie.

“Indien klinies na die huidige toestande gekyk word, sou dit die beste wees om nie te plant in gebiede waar planttyd verstreke is nie. Uit ’n finansiële oogpunt kan dit katastrofies wees. Die alternatief is om waar enigsins moontlik, wel te plant met die risiko van te min hitte-eenhede en versuiptoestande wat ook katastrofies kan wees.”

Van den Berg se raad aan boere is, as dit moet, klop om hulp aan by finansiers en probeer uitstel kry vir betaling sodat voorberei kan word ’n goeie oes in die 2023-’24-seisoen. “Met droër toestande wat vanaf 2023 verwag word, kan baie nat grond goeie opbrengste gee in die volgende seisoen.”

Toestande lyk beter in die westelike produksiegebiede, hoewel daar ook al kolle is wat so nat is dat aanplantings nie gedoen sal kan word voor einde Desember wanneer planttyd vir mielies in dié gebiede verstreke is nie. “Die aanplant van sonneblomme kan in Januarie oorweeg word, hoewel produsente die risiko van siektedruk op sonneblom in ag moet neem wanneer hulle hieroor besluit.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
+0.6%
Rand - Pond
21.14
+0.7%
Rand - Euro
18.21
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,771.84
+0.2%
Silwer
22.45
+0.9%
Palladium
1,876.00
-0.1%
Platinum
996.00
-0.4%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,416
-0.2%
Alle aandele
74,574
-0.2%
Hulpbronne 10
73,805
-1.3%
Industriële 25
91,405
-0.1%
Finansiële 15
15,785
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot