
Volgens
die weerdiens word die storm tans as ’n ernstige tropiese storm geklassifiseer.
Dit beweeg tans teen 17 km/h in die rigting van Madagaskar se noordoostelike
kus en sal die kus tussen Antalaha en Sambava binnekort bereik.
Volgens die weerdiens se modelle sal die storm verswak sodra dit land bereik en vir die volgende twee dae in ’n suidelike rigting na die noordelike binneland beweeg.
Daar word nie tans verwag dat die storm Suid-Afrika in die komende dae sal beïnvloed nie. Die weerdiens waarsku egter dat dié voorspelling in die toekoms kan verander. Die moontlikheid bestaan ook dat Cheneso tot in die Mosambiekkanaal kan beweeg.
Cheneso is die derde benoemde tropiese storm wat gedurende die huidige somerseisoen in die suidwestelike Indiese Oseaan gevorm het. Die eerste twee was Ashley en Balita wat in onderskeidelik September en Oktober verlede jaar gevorm het. Die vierde tropiese storm, Darian, het die suidoostelike Indiese Oseaan op 21 Desember bereik.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.