AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Volgende week kan koudste week van die jaar wees

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die kwik het op 14 Julie 2021 na -16 °C by Langfontein-boerdery by Wakkerstroom in Mpumalanga. Foto: BP Greyling
Die kwik het op 14 Julie 2021 na -16 °C by Langfontein-boerdery by Wakkerstroom in Mpumalanga. Foto: BP Greyling
Weermodelle dui aan dat volgende week die koudste week van die jaar in Suid-Afrika kan wees, met minimum temperature van tot -10 °C wat oor dele van die land kan voorkom.

Ligte sneeu en baie koue toestande kan Saterdag en Sondag oor die distrik Ceres voorkom, met maksimum temperature van 8 °C en minimum temperature van tot -5 °C wat in die omgewing moontlik is. “Redelike swaar ryp is moontlik oor groot dele van veral die Hexriviervallei, die Bokkeveld, die Breederiviervallei en dele van die Rûens soos Caledon,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Baie koue toestande word ook oor die suidoostelike en oostelike dele van die binneland verwag, veral die Suidoos-Vrystaat op plekke soos Ficksburg, Bethlehem, Reitz en Harrismith waar baie lae minimum temperature van Saterdag tot Dinsdag (3 tot 5 Julie) kan voorkom as gevolg van ’n koue front. Sneeu is moontlik is op die Drakensberge en ook die noordelike dele van die Oos-Kaap soos Barkly-Oos en Elliot.

Minimum temperature van naby aan -10 °C is moontlik by veral Barkly-Oos, Ficksburg en Harrismith vanaf Sondag tot Dinsdag. “Baie koue toestande is ook moontlik oor die Hoëveld van Mpumalanga waar temperature tot -5 °C of laer kan daal vanaf Sondag, met -3 °C wat by Standerton en -4 °C wat by Amersfoort moontlik is. Minimum temperature kan oor dele van KwaZulu-Natal soos Kokstad en Winterton tot -6 °C daal,” aldus Van den Berg.

“Dit lyk asof die eerste week van Julie die koudste week van die jaar tot dusver kan wees in hierdie gebiede, veral wat betref minimum temperature.”

Reën

Reën van tot sowat 20 mm word die naweek oor die Kaapse metropool en die suidelike dele van die Wynland-distrik voorspel. Ligter neerslae van tot 10 mm word die naweek en van 8 tot 10 Julie oor die res van die winterreëngebied voorspel. Reën van minder as 5 mm kan tot so ver noordwes as Clanwilliam voorkom, en tot by Riversdal in die Suid-Kaap.

Die kans op reën die res van Julie lyk ongunstig. Frontale stelsels sal na verwagting die Wes-Kaap rakelings tref, maar eerder suid van die land verbybeweeg. “Toestande lyk beter teen einde Julie en in Augustus wanneer frontale stelsels waarskynlik weer verder noord gaan voorkom. Die kans is goed dat frontale stelsels die land tot baie laat in Oktober kan beïnvloed.”

Wat die moontlikheid van verdere neerslae oor die somerreënstreek betref, sê Van den Berg ná die neerslae van tot 30 mm wat rondom 22 Junie oor veral die sentrale en westelike dele van die binneland voorgekom het, word min verdere reën in die winter en lente oor dié streek verwag word.

“Onderliggend het die langtermynvoorspellings vir reën begin verswak, want La Niña se gunstige effek op somerreën is slegs vanaf November tot Junie. Daar is wel ’n kans dat die Ooskus en die aangrensende binneland van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal wel reën gedurende die winter kan kry.”

Skeertyd

Kleinveeboere moet vir die naweek en volgende week voorbereidings tref om toe te sien hul diere het genoegsame beskutting teen die koue weer. Wat skeertyd betref, sê Van den Berg hoewel die tydperke rondom 2 tot 5 Julie en middel Julie baie koue toestande kan bring, lyk die res van Julie gunstig om te skeer. Sneeu en ligte reën kan die komende naweek en rondom middel Julie risiko’s inhou vir die skeer van kleinvee in die Oos-Kaap.

Die grootste konsentrasie van die land se wolskape kom in die binneland van die Oos-Kaap, die suidelike dele van die Vrystaat, die Hoëveld van Mpumalanga en die Overberg in die Suid-Kaap voorkom, met Angorabokke wat meestal in die Oos-Kaap voorkom.

“Toestande vir skeer lyk tans gunstiger in die tweede deel van Julie as in Augustus wanneer daar ’n moontlikheid is van baie koue toestande en reën,” aldus Van den Berg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot