AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9862,2
149,20
CORN
31 Jan
-
4655
45,00
SOYA
31 Jan
-
9425
-4,00
SUNS
31 Jan
-
11029,8
-192,20
WEAT
31 Jan
-
6782
51,00
WMAZ
31 Jan
-
4430,2
-51,80
YMAZ
31 Jan
-
4553
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Wanneer gaan die eerste goeie somerreën val?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Stormwolke in die distrik Winburg. Foto: Thys du Plessis
Stormwolke in die distrik Winburg. Foto: Thys du Plessis
Die oostelike dele van die land kan teen middel Oktober die eerste goeie somerreënneerslae verwag.

Al het die eerste donderstorms met hael die naweek oor dele van Vrystaat voorgekom, het die winter nog nie sy einde bereik nie.

Koue fronte gaan nog tot middel Oktober oor Suid-Afrika beweeg. Veral in die suidelike helfte van die land kan minimum temperature laag bly. Ryp kan nog tot in die tweede week van Oktober op plekke soos Barkly-Oos en Aliwal-Noord in die Oos-Kaap voorkom, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

In teenstelling daarmee word hittegolftoestande in die laaste week van September en eerste week van Oktober oor die noordelike dele van die land, veral vir Limpopo, voorspel. Warm toestande kan dan ook oor Noordwes, die Vrystaat, die noordelike dele van die Noord-Kaap en Gauteng voorkom.

Oor die winterreëngebied gaan temperature in dié periode matig tot koel bly as gevolg van die effek van koue fronte en die koeler see-oppervlakwater van die aangrensende Indiese Oseaan, wat steeds 2-3 °C koeler as normaal is. “Wat die winterreën betref, beweeg neerslae al verder suidwaarts en met die Ooskus op. Neerslae van minder as 5 mm is rondom 25, 29 en 30 September, asook 5 Oktober en selfs in die tweede week van Oktober oor dele van die winterreëngebied moontlik,” sê Van den Berg.

Intussen is daar aanduidings van droogte by koring en ander wintergewasse in veral gedeeltes van die Swartland. Van den Berg sê met die koeler toestande tot op hede is die groei- en/of hitte-eenhede van die wintergewasse baie beperk en is die ontwikkeling van gewasse oor die algemeen stadiger as gewoonlik. “Dus is daar nog ’n baie belangrike tyd wat voorlê tot middel Oktober wat die finale oes kan bepaal, want wintergrane – maar veral koring – is tans in ’n baie gevoelige groeistadium.”

La Niña en somerreën

Namate die koue fronte oor Suid-Afrika beweeg, bly die brandgevaar oor die somerreëngebiede hoog met winderige toestande wat steeds kan voorkom.

Namate tropiese vog die afgelope paar weke aansluiting vind van Angola en Botswana af, en daar met elke koue front ligte somerreën oor die oostelike en sentrale dele van Suid-Afrika voorkom, dui voorspellings daarop dat reën in die tweede week van Oktober oor die oostelike dele van die land kan voorkom. Dit kan insluit die noordelike dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, die sentrale tot suidelike dele van Mpumalanga, asook die Oos-Vrystaat en Gauteng.

“Dit lyk asof plekke soos Standerton en Delmas in Mpumalanga en groot dele van KwaZulu-Natal tot 20 mm of meer kan kry vanaf 9 Oktober. Verdere reën kan al hoe meer gereeld begin voorkom in Oktober oor die oostelike dele,” sê Van den Berg. “Van die laaste deel van Oktober af kan reënneerslae weswaarts begin uitbrei na die res van die Vrystaat, Noordwes en die oostelike dele van die Noord-Kaap, maar minder reën word verwag oor die noordelike dele van die land.”

Op langer termyn verbeter die kans op reën vanaf veral November met ’n tipiese La Niña-verskynsel wat dan nader beweeg, hoewel die ontwikkeling van die stelsel tans nog op die grens tussen neutraal en La Niña is. “Die Suidelike Ossilasie-indeks (SOI), wat ’n barometer is van die reaksie van weerstelsels op die see-temperature in die Niño-gebiede, is al meer as twee maande in ’n positiewe fase wat baie gunstig is vir reën in die midsomer. Gemiddelde tot bogemiddelde reën word verwag vanaf ongeveer November tot ten minste Februarie 2022.”

Van den Berg sê tans is voorspellings onseker oor die tydperk van Februarie tot April, omdat dit weer moontlik is dat – soos in die 2020-’21-seisoen – die La Niña-stelsel dan kan verswak en tydelik droë tydperke veroorsaak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.42
-0.1%
Rand - Pond
21.46
+0.2%
Rand - Euro
18.92
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,009.25
+0.8%
Palladium
1,651.07
+0.9%
Goud
1,927.51
+0.2%
Silwer
23.70
+0.4%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,431
-1.2%
Alle aandele
79,477
-1.1%
Hulpbronne 10
75,833
-2.8%
Industriële 25
102,289
-0.4%
Finansiële 15
16,145
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot