
Die weerdiens het ’n geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms oor die sentrale en noordelike binneland in die Oos-Kaap, Noord-Kaap (buiten die noordwestelike gedeeltes), die Wes-Vrystaat, Noordwes, noordelike gedeeltes van Gauteng, westelike gedeeltes van die Hoëveld in Mpumalanga en die westelike hoë grond in KwaZulu-Natal uitgereik.
Donderstorms word ook reg oor die Wes-Kaap verwag.
’n Oranje vlak 5-waarskuwing vir swaar donderstorms met moontlike oorstromings is vir die sentrale gedeeltes van die Wes-Kaap, suidelike gedeeltes van Gauteng en die sentrale en noordoostelike gedeeltes van die Vrystaat uitgereik.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir sterk winde wat bome kan omwaai en onderbrekings by hawens kan veroorsaak, geld vir die kusgebied tussen Stormsrivier en Oos-Londen.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.