
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het
gister ’n geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms met moontlike swaar
neerslae, sterk winde en hael vir Gauteng, die verre suide van Limpopo, die
sentrale en westelike binneland van KwaZulu-Natal, asook die Hoëveld en
platorand van Mpumalanga uitgereik.
Die weerdiens waarsku ook steeds oor ’n uiters hoë brandgevaar in die Khai-Ma-munisipaliteit in die Noord-Kaap. Gedeeltelik bewolkte en warm tot uiters warm weer met los donderbuie word vir die ooste van die provinsie voorspel.
In Gauteng en Mpumalanga sal dit vandag gedeeltelik bewolk en koel tot warm wees met verspreide buie en donderbuie.
Die weerdiens voorspel bewolkte en warm weer met verspreide buie en donderbuie vir Limpopo, Noordwes en die Vrystaat.
In die Wes-en Oos-Kaap sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees. Los buie en donderbuie word ook vir die Oos-Kaap voorspel.
Bewolkte en warm weer met verspreide buie en donderbuie word vir KwaZulu-Natal voorspel.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.