
Volgens die kennisgewing word storms en donderstorms vandag plek-plek oor KwaZulu-Natal voorspel, met van dié storms wat hewig kan raak oor die noordwestelike en noordelike dele van die binneland van die provinsie. Swaar reën, erge weerlig, winderige toestande en hael word oor die gebiede verwag.
Die storms kan bydra tot oorstromings plek-plek, ontwrigting van verkeer en beskadiging van eiendom. Die weerlig kan brande laat ontstaan.
Yellow level 2 warning: Thunderstorms: KwaZulu-Natal: 8 December 2022: 15:00 - 22:00 pic.twitter.com/GJHgu2Mrya
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) December 8, 2022
Hittegolf
Intussen duur die weerdiens se waarskuwing vir hittegolf-toestande oor die Wes-Kaap voort. Baie warm en ongemaklike toestande word vir vandag en môre oor die binneland van die Wes-Kaap voorspel. Dié toestande kan Vrydag na die Namakwa-distrik uitbrei.
Temperature van 40 °C en hoër kan op plekke voorkom. Die weerdiens maan dat mense versigtig moet wees vir ernstige gesondheidsgevolge soos hipertemie en erge hitte-uitputting.
Extreme discomfort advisory: Western Cape: 8 - 9 December 2022: 10:00 - 21:00 pic.twitter.com/OWWRx9gFR3
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) December 8, 2022
Lees hier meer oor die weerdiens se waarskuwings oor donderstorms en hael oor dele van die Wes-Kaap die komende naweek.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.