AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Welkome reën val plek-plek in Oos-, Noord-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie foto is gister in die distrik Hopetown geneem tydens 'n Sensako koringboeredag. Foto: Stephen de Groot
Hierdie foto is gister in die distrik Hopetown geneem tydens 'n Sensako koringboeredag. Foto: Stephen de Groot
Dele van die Noord- en Oos-Kaap het die week reën gekry.

Nadat reën verlede week oor gedeeltes van die Noord-Kaap en die Klein- en Sentraal-Karoo geval het, was daar ook sedertdien plek-plek lafenis in die Oos-Kaap.

Die gemeenskap van Douglas is opgewonde oor reën wat sedert die naweek oor die gebied uitgesak het. “En daar is voorspellings vir nog reën hier by ons vandag,” sê mnr. Kolver Mulke, ’n boer van die plaas Annashoop.

Oor die algemeen is sowat 30 mm gister in die distrik gemeet, maar neerslae wissel van gebied tot gebied.

Kolver sê hoewel dele in die distrik tot 80 mm gemeet het, het hy, wat tussen Douglas en Kimberley boer waar dit einde September erg gebrand het, sowat 10 mm gehad.

“Ons het verlede naweek sowat 20 mm gehad. Ons kan daarom nie kla nie. Ons is baie dankbaar vir hierdie vroeë, lekker reën. Ons eerste reën val gewoonlik eers in Desember, met ons eintlik reëntyd wat gewoonlik van Februarie tot April is. Hierdie  is dus ’n bonus.”

Kolver sê as hulle in die komende weke opvolgreën kry, kan die gebrande veld begin herstel.

Me. Janine Byleveld, ’n bedryfsamptenaar by Agri Noord-Kaap, sê reën het vandeesweek plek-plek reën in die provinsie geval. “Van dié gebiede het vir die eerste keer hierdie somer reën gekry, ander het opvolgreën ná verlede week se reën gekry, veral by Douglas, Hopetown en Strydenburg. Die reën het kol-kol voorgekom en was glad nie so wydverspreid soos verlede week s’n nie.”

reën hopetown
Stephen de Groot het hierdie foto geneem van goeie neerslae in die distrik Hopetown tydens 'n Sensako koringboeredag
veld groen
Die veld loop groen uit by Kingston Game Ranch in die distrik Kimberley. Foto: Dougie Cox

By Hopetown is van 5-44 mm aangemeld, terwyl by Strydenburg 3 mm, Petrusville 4-11 mm en Phillipstown 3-16 mm reën geval.

Sy sê reënval is by Williston aangemeld en dat reën binnekort by Calvinia sal val. “Ons is optimisties dat daar nog reën sal val. Ons hoop op goeie opvolgreën en dat die boere wat nog nie reën gehad het nie, ook reën sal kry. Die boere se gemoed is baie beter en ons is baie geseënd met die reën wat sover geval het.”

Mnr. Wilhelm Steenkamp van Williston sê dit het vanoggend om 06:00 op sy plaas begin reën. Dit reën steeds en sover het 10 mm reën geval. “Dit is baie welkome opvolgreën.”

Mnr. Peter Cloete, president van Agri Oos-Kaap, sê die reënval was wisselvallig. By Aberdeen is 5-50 mm reën aangemeld. By Steytlerville het 5-20 mm reën geval. “Ons is baie dankbaar vir die reën, dit gaan ’n groot verskil maak.”

Volgens die Steytlerville-landbouvereniging se Facebookblad beleef dié distrik sedert 2016 sy ergste droogte in jare en op plekke is die laagste reënvalsyfers in die afgelope 108 jaar aangeteken.

Mnr. Kobus Lötter van Willowmore sê daar het 28-55 mm “wonderlike” reën in sy omgewing geval. Van sy bure in die omgewing van Miller het meer as 50 mm reën gehad – een van hulle 50 mm in 12 minute. “Twee manne bokant my het bitterlik baie skade gehad. Hulle het vee verloor, die een het volstruise verloor. Die ouens het dus pak gevat met die reën ook.”

Hy kan nie onthou wanneer laas dit so lekker gereën het nie. “Die afgelope paar jaar kry ons reën en die veld word groen, maar dan is daar nie opvolgreën nie en daarom het ons veld al hoe korter en korter geword.

“Maar ons het nou wat ons noem ’n landsreën gehad. Die hele omgewing is nat, hy is groot nat. Ek is baie optimisties dat hierdie die begin is van baie beter tye. Die veld is nog kaal, dit sal ’n tyd duur om te herstel, maar die groot ding ons gemoed is reg. Dit is nou sommer weer lekker om soggens op te staan en die wêreld is vars.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot