AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9737,2
-247,80
CORN
23 Mrt
-
4173
-57,00
SOYA
23 Mrt
-
8205
-253,00
SUNS
23 Mrt
-
9050
-270,00
WEAT
23 Mrt
-
6415
-51,00
WMAZ
23 Mrt
-
3800
-64,00
YMAZ
23 Mrt
-
4012
-72,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Welkome reën val vir vrugteboere in Langkloof

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vrugteboere in die Langkloof in die Oos-Kaap het die afgelope week en naweek welkome reën gekry.

Mnr. Riaan Strydom, vrugteboer van die Krakeelrivier-omgewing in die Langkloof, sê dit was die afgelope drie maande ongewoon droog en dié Desember-reën was daarom baie welkom. Dit is baie goed vir die appels en pere aan die bome, wat hoofsaaklik vir uitvoer geproduseer word.

Sowat 85% van die appelkose, wat soos ander steenvrugte sensitief is vir reën naby aan die oesdatum, is reeds geoes en die reën het dus nie ’n groot impak nie,

Reën val hier die hele jaar, met die meeste reën wat gewoonlik van Julie tot November voorkom.

“Vanjaar het ons baie min reën van September tot November gehad. Laasjaar September het ons 13 mm gehad, Oktober 90 mm, November 70 mm en Desember 85 mm.  Vanjaar se maandelikse reënval vanaf Junie was 80 mm, 27,2 mm, 93,2 mm, 27,1 mm, 12 mm, 13,2 mm en 81,8 mm tot dusver in Desember. So dit was sommer lekker droog voor die afgelope week se reën,” sê Strydom.

Die Krakeelrivier in die Langkloof vloei sterk ná meer as 80 mm vandeesmaand geval het. Foto: Riaan Strydom
reën, langkloof,
Vrugteboere in die Langkloof verwelkom die goeie reën van die afgelope week en naweek. Só het die Krakeelrivier vroeër vandag, 18 Desember, geloop. Foto: Riaan Strydom
reën, langkloof,
Die negejarige Seppie Strydom kyk hoe lekker die Krakeelrivier in die Langkloof vroeër vandag, 18 Desember, ná lekker reën die afgelope week vloei. Foto: Riaan Strydom

Die reën het wyd geval, selfs in die Karoo-omgewings van onder meer Steytlerville en Willowmore.

“Die reën help ons baie want die Langkloof se opgaardamme het vinnig gesak. In die Langkloof het die meeste boere nie genoeg opgaarkapasiteit vir ’n hele seisoen se besproeiing nie. So ons moet opvolgreën mét afloop kry om die damme aan te vul, anders kan die laaste deel van die oeste skade lei.

“Dit is in teenstelling met boere by die Kougadam, wat vir ten minste twee jaar water het as die dam vol is.”

Die meeste van die Kougadam se water kom uit die Langkloof. Die afgelope week se reën was waarskynlik ongelukkig te min om iets aan die lae watervlak van die dam sowat 80 km stroomaf te doen. “Die rivierbed is droog en die gate in die rivier leeg, so dis hoogs onwaarskynlik dat die water die Kougadam sal bereik.”

Beurtkrag bly kopseer

Die welkome reën help ongelukkig nie met die herhaaldelike hoë beurtkragfases nie.

“Beurtkrag is ’n groot kopseer vir enige boer wat besproei. Ons sit tans tot 10 ure per dag sonder krag. As dit warm en droog is, het ons groot probleme om genoegsaam te kan besproei. Ons kan fase 2-beurtkrag nog oorbrug, maar fase 6 is ’n baie groot probleem, veral met oestyd wat van Januarie tot Mei voorlê.

“Ons boer ook met braaikuikens en ons verkoeling kan nie bybly nie, want die kragopwekkers kan nie al die verkoeling aan die gang hou nie, so van die vrieskamers kom nie meer op die regte temperature nie.

“In Januarie, wanneer ons vrugte begin pak, gaan beurtkrag groot nadelige gevolge hê vir sowel verpakking as verkoeling.

“Beurtkrag veroorsaak ’n kettingreaksie, want fabrieke wat produkte soos verpakkingsmateriaal moet vervaardig, kan nie voorbly nie, omdat hulle vir ’n groot deel van die dag tot stilstand kom. Dit kan daartoe lei dat ’n boer met vrugte sit wat nie verpak kan word nie, omdat goed soos kartonhouers dalk nie betyds gelewer gaan kan word nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
+0.8%
Rand - Pond
22.38
+0.2%
Rand - Euro
19.83
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.25
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
985.30
+1.3%
Palladium
1,443.38
+0.1%
Goud
1,977.82
+0.4%
Silwer
22.97
-0.1%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,094
+0.5%
Alle aandele
75,579
+0.5%
Hulpbronne 10
65,848
+0.1%
Industriële 25
102,500
+0.8%
Finansiële 15
15,308
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot