AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Winterreëngebied kan dié week nóg reën kry

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die afgelope week het swaar neerslae oor groot dele van die somer- sowél as die winterreënstreek voorgekom. Nóg neerslae word dié week veral oor die winterreënstreek voorspel.

Die afgelope week se swaar neerslae oor die winterreënstreek is veroorsaak deur ’n afsnylaagdrukstelsel wat van die weste af oor die land inbeweeg het. Hoewel die swaarste neerslae oor die westelike dele van die winterreënstreek geval het, het swaar reën oor dele van die Tuinroete en die Oos-Kaap geval.

“ ’n Afsny- of, meer beskrywend, ’n afknyplaagdrukstelselis ’n kleiner stelsel in omvang as die gewone trog van laagdruk wat gewoonlik oor die sentrale tot westelike binneland voorkom,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “ ’n Afknypstelsel is ’n stelsel wat onafhanklik van die groter stelsel begin beweeg. Aanvanklik kan dit baie sterk meeding om vog, baie sterk opligting veroorsaak en dan baie reën tot gevolg hê.”

Volgens Van den Berg is die voorspelbaarheid van waar sulke stelsels kan ontwikkel en hoe sterk die neerslae kan wees baie swak omdat dit nie normale reënpatrone volg nie. “Omdat dit nie werklik deel is van die groter stelsel nie, kan dit op een plek bly draai waar dit groot hoeveelhede reën kan veroorsaak of dit kan baie vinnig beweeg soos wat groter stelsels beweeg.”

Swaar reën het plek-plek oor die Oos-Kaap geval, soos by Cradock, maar ook oor die suidelike dele van die Noord-Kaap op plekke soos Calvinia. “Interessant is dat die baie swaar neerslae oor kleiner gebiede voorkom, maar dit was nie van dieselfde omvang as die neerslae in November nie.”

Planttyd

Verlede week se stelsel het ook swaar neerslae oor dele van die somerreënstreek veroorsaak. Oor dele van die Oos-Vrystaat, soos Reitz, het byna 200 mm uitgesak. Swaar reën het voorgekom oor die Wes- en Noord-Vrystaat met meer as 100 mm wat gemeet is in die distrik Boshof.

Baie reën het voorgekom rondom Koppies, Wesselsbron, Kroonstad, Bultfontein en Bothaville. “Dit veroorsaak waterversadigde toestande wat versuipskade aan die mielie- en sojaboonoeste veroorsaak. Dit is reeds te laat om oor te plant in die oostelike produksiegebiede soos Mpumalanga en die Oos-Vrystaat. Dit gaan selfs te laat raak in die meer westelike dele in die gebiede wat tans baie nat is en eers moet afdroog indien verdere reën nie gaan voorkom tot einde Desember nie.

Reën en warm temperature

“Die neiging van afsnylaagdrukstelsels wat die afgelope paar weke oor die suidwestelike dele van die land ontwikkel het, kan vandeesweek voortgesit word,” sê Van den Berg. “ ’n Swakkerige stelsel kan Donderdag en Vrydag (22 en 23 Desember) oor die suidwestelike dele van die Wes-Kaap rondom Kaapstad ontwikkel as deel van ’n trog van laagdruk wat oor die weste van die land uit Namibië beweeg.”

Die stelsel gaan volgens voorspellings vinnig ooswaarts beweeg en tans dui stelsels aan dat dit nie swaar neerslae tot gevolg gaan hê nie.

“Dit kan wel misleidend wees, want die afgelope tyd het daar baie vinnige veranderings oor kort tydperke plaasgevind en dus moet dié ontwikkeling dopgehou word,” sê Van den Berg. “Korttermynvoorspellings toon tans nie dat die tipe van stelsels van verlede week in die volgende week gaan ontwikkel nie, maar daar is steeds ’n kans op donderweer en -buie in veral die laaste week van Desember. Die reënbuie sal na verwagting meer oor die Suid-Kaap voorkom.”

Warm tot baie warm toestande word verwag vir die sentrale en westelike dele van die wintereënstreek, maksimum temperature wat kan styg na bo 30 °C vir die grootste deel van Januarie, behalwe oor die Overberg- en Suid-Kaap waar dit koeler sal wees.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.57
-0.3%
Rand - Pond
22.64
+0.4%
Rand - Euro
20.01
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.36
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
962.23
-2.2%
Palladium
1,390.47
-1.9%
Goud
1,942.75
-1.8%
Silwer
22.20
-1.5%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot