AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Winterreënstreek: Nog hael, donderstorms moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Donderstorm by Vryburg in Noordwes. Foto: Alani Janeke
'n Donderstorm by Vryburg in Noordwes. Foto: Alani Janeke
Die La Niña-stelsel en weerstelsels wat meer weswaarts oor Suid-Afrika beweeg, is van die redes vir die die donderstorms en hael wat die afgelope weke oor onder meer die winterreënstreek voorgekom het.

Hael en donderstorms is nie vreemd vir die eerste helfte van die somermaande oor die somerreënstreek nie. Die donderstorms en hael wat verlede week oor dele van die winterreënstreek en Kalahari geval het, was wel verbasend.

Mnr Jaco Smit, van die plaas Witkei tussen Malmesbury en Moorreesburg, het aan Landbou.com gesê hoewel hulle soms kleiner hael kry, het hy in sy 11 jaar op dié plaas het nog nooit so iets gesien nie. Haelkorrels was net kleiner as gholfballe. Dit het voëls doodgeslaan en van die ganse se eiers stukkend geslaan.

Hael het die Kalahari se rooi duine tydelik wit gekleur tydens ’n storm in die distrik Askham verlede week.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê hoewel swaar reën en hael sedert die laaste deel van Oktober kol-kol oor dele van Suid-Afrika voorgekom het, was dit veral ’n verrassing in die Wes-Kaap. Reën tydens November vir dele van die Wes-Kaap is nie buitengewoon nie, maar wel donderstorms. “As gekyk word na die langtermyngemiddelde reënval vir November vir ’n paar plekke in die winterreëngebied, kom reën gewoonlik meer oor die Suid-Kaap voor. Langtermyngemiddeldes is Malmesbury (15 mm), Robertson (20 mm), Stellenbosch (26 mm), Oudtshoorn (28 mm), Paarl (36 mm), Swellendam (35 mm) en Riversdal (44 mm).”

Sedert begin November het goeie neerslae ook oor die dele van die Karoo voorgekom met neerslae van sowat 50 mm by Beaufort-Wes en meer as 20 mm by Laingsburg.

“Wat kenmerkend van die afgelope twee weke se reënval was, is dat die reën in enkele tot verspreide buie geval het en steeds baie kol-kol was. Dis tipies tydens ’n La Niña-verskynsel, soos wat tans voorkom, dat neerslae dikwels redelik swaar en die intensiteit daarvan hoog is,” sê Van den Berg.

“Tydens La Niña-episodes is die reënvalpatroon meer weswaarts oor die land. Tropiese vog kom suidwaarts oor Namibië en Botswana en beweeg redelik ver suidwaarts as gevolg van die posisie van die trog van laagdruk voordat die vog en reënvaltoestande suidooswaarts draai. Dit veroorsaak donderbuie wat met reën en selfs hael kan gepaard gaan oor die westelike dele van die land en die winterreëngebied.”

Reënvalvooruitsigte

Van den Berg sê volgens weermodelle kan ligte reën oor die naweek en volgende week oor dele van die winterreënstreek voorkom. “Met die stroop van veral winterkoring wat nou in volle gang is, is reën nie gunstig vir die oesproses nie, veral nie wat gehalte betref nie.”

Volgens voorspellings tans kan ligte neerslae rondom 13, 16 en 17 November en in die laaste paar dae van November oor die Swartland en suidelike dele van die Weskus vorkom.

Meer reën en meer dae van reën is moontlik oor die Rûensgebied en die Suid-Kaap. “Tans lyk dit nie na ontwrigtende swaar neerslae nie, maar meer bewolkte toestande met ligte reën. Die periode van 15 tot 20 November lyk na die natste tydperk met baie bewolkte toestande. Daar is steeds ’n kans vir donderweer en hael, maar dis slegs geïsoleerd.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.60
-2.2%
Rand - Pond
21.57
-3.8%
Rand - Euro
18.46
-3.0%
Rand - Aus dollar
11.99
-2.5%
Rand - Jen
0.13
-3.8%
Goud
1,798.96
+1.7%
Silwer
22.49
+1.3%
Palladium
1,899.00
+0.6%
Platinum
1,045.50
+0.8%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot