AFGRI
BEAN
08 Des
-
7480
-159,00
CORN
08 Des
-
3700,2
-31,80
SOYA
08 Des
-
7509
-125,00
SUNS
08 Des
-
9338
-203,00
WEAT
08 Des
-
6160
-32,00
WMAZ
08 Des
-
3500
-34,00
YMAZ
08 Des
-
3544,2
-35,80
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Wydverspreide reën tot volgende week voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Peter Pentz
Foto: Peter Pentz
Dié reën van gister was nie die laaste reën wat die Tuinroete die week kan verwag nie.

Dele van die Tuinroete het Maandag met oorstromings wakker geword en neerslae van meer as 100 mm op plekke het oorstromings op veral George en Oudtshoorn veroorsaak. Dié reën was egter nie die laaste reën wat die Tuinroete die week kan verwag nie, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Die reën kan voortduur tot môre, waarna dit effens kan opklaar tot Donderdag. Dan kan dit van Vrydag af weer hervat met neerslae van 20 mm of meer tot ná die naweek. Met baie bewolkte toestande gaan afdroging baie stadig plaasvind.

Van den Berg sê wat die res van die Wes-Kaap en die Weskus betref, kan reën van 26 November tot 2 Desember voorkom. Meer as 20 mm is moontlik vanaf Vrydag tot Dinsdag oor die Swartland, die Kaapse Metropool, die Kaapse Wynland, asook veral die Rûens en die res van die Suid-Kaap en Tuinroete. Ligte reën kan Saterdag en Sondag selfs so ver as die grens van Namibië teen die Weskus af voorkom.

Die neerslae is nie goeie nuus vir wintergraanboere wat nog nie klaar gestroop het nie, aangesien dit groot skade op plekke kan veroorsaak en ook graan se gehalte kan beïnvloed.

En die res van die land?

Wat die res van Suid-Afrika betref, kan die reën begin opklaar van Dinsdag af. Reën word weer van Woensdag af oor die oostelike en noordoostelike dele van die somerreënstreek verwag.

Van den Berg sê van Donderdag af begin toestande weer verbeter oor veral die sentrale tot suidelike en suidoostelike dele. Reën is van Donderdag af moontlik oor Noordwes, Gauteng, die Vrystaat, die Oos-Kaap, die suidelike dele van Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Neerslae van 20 mm of meer is moontlik van Vrydag tot Maandag (26 tot 29 November) oor groot gedeeltes van Suid-Afrika met die uitsondering van die verre noordelike dele waar reën eers vanaf ongeveer einde November en die eerste deel van Desember kan voorkom. 

Baie min reën word oor bykans die hele Namibië verwag tot einde November. In die eerste week van Desember verbeter die kans op reën vir die grootste deel van Namibië met neerslae van 10 mm tot 30 mm. Die invloei van tropiese vog gaan verdere reën veroorsaak oor groot dele van Suid-Afrika vanaf ongeveer 4 Desember, sê Van den Berg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.74
+0.7%
Rand - Pond
20.83
+0.7%
Rand - Euro
17.86
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Goud
1,784.66
+0.0%
Silwer
22.45
-0.3%
Palladium
1,860.38
+0.4%
Platinum
963.00
+0.6%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.2%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
If we want to or need to meet someone,, we wiil have to message that unknown someone.
Ek sal myself beskryf as 'n eerlike, opregte mens. Ek is 'n goeie luisteraar en ek kan ook goeie raad uitdeel. I'm a dreamer, ek jaag my drome na. Ek hou van...
Kom ons mqak n great lewe saam
Eks baie oulike eerbaar avontuur mense hou van buite lower stan by my ek sal by jo staan via angel kamp jag en per ry
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot