Menu
 

Deur ARINA DU PLESSIS
29 Januarie 2013

3198 keer gelees | 0 kommentaar

Dié mondwaterlekker-brijani het al die speserygeure van die ware Jakob, maar is binne ’n oogwink gereed.


45 ml olie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
10 ml koljander
10 ml komyn
5 ml borrie
5 ml kaneel
15 ml kerriepoeier
Duimgrootte stuk vars gemmer, gerasper
2 rooi brandrissies, gekap
625 ml gaar rys
1 x 410 g blik gekapte tamaties
180 ml water of hoenderaftreksel
Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
4 gaar aartappels, in blokkies gesny
1 kg gaar hoendervleis, in stukkies gesny
Handvol vars koljanderblare, grof gekap
Jogurtsous
375 ml dik jogurt
5-10 ml gerasperde, vars gemmer
2 knoffelhuisies, fyn gekap
Sout na smaak
45 ml-60 ml vars suurlemoensap

Verhit olie in ’n groot swaar platboompotenbraaiuieenknoffeltot sag. Voeg die koljander, komyn, borrie, kaneel, kerriepoeier, gemmer en brandrissie by en braai vir 2-3 minute. Voeg rys by en braai ’n paar minute. Voeg tamaties, water, geurmiddels,aartappel en hoender by.

Verhit tot kookpunt en prut vir sowat 20 minute of tot vloeistof afgekook en bri-jani deurwarm is. Terwyl brijani kook, meng jogurt, gemmer, knoffel, sout en suurlemoensap saam en verkoel. Roer gekapte koljanderblare by en sit voor met jogurtsous en ’n wiggie suurlemoen. Lewer 4-6 porsies.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele